|229|
Die bedienaars van die Woord moet toesien dat die vader, moeder of voogde die doop vir hulle kinders aanvra.
Die vraag kan gevra word waarom nou juis die bedienaar van die Woord moet toesien dat die doop aangevra word; kan die wyksouderling dit nie net so goed doen nie?
Die antwoord op hierdie vraag is dat die betekenis van artikel 57 dieper gaan as bloot die betydse aanvraag van die doop.
Dit gaan hier ten diepste om die ampstaak van die bedienaar van die Woord om die verbondsouers te onderrig uit Gods Woord aangaande die suiwere leer van die doop.
In hierdie onderrig gaan dit om die volgende:
➢ dat die doop so spoedig moontlik aangevra word;
➢ dat die vader, as hoof van die verbondsgesin, die betekenis van
die doop besef en verstaan, asook sy eie verantwoordelikheid tot
verbondsonderrig. Waar die vader as hoof van die gesin oorlede is
of nie bevoeg is om op die doopvrae te antwoord nie (kyk by art.
56), gaan die verantwoordelikheid oor op die moeder. Waar vader
en moeder albei oorlede is of onbevoeg om op die doopvrae te
antwoord, gaan die verantwoordelikheid oor op die voogde.
Die doop moet by die kerkraad aangevra word deur óf die wyksouderling óf die predikant.
Hierdie aanvraag hoef nie oor te staan tot by ’n volgende geskeduleerde kerkraadsvergadering nie; dit kan op ’n Sondag vóór of ná die erediens gedoen word.
’n Praktiese reëling is dat daar ’n standaardvormpie beskikbaar is waarop alle besonderhede van die kind en die ouers (soos byvoorbeeld volle name, geboortedatum en datum van doop, woonadres en
|230|
wyknommer of -naam) deur die wyksouderling of predikant ingevul word; hierdie voltooide vormpie word dan aan die attestasie-skriba oorhandig vir inskrywing in die Doopregister en die Dooplidmaatregister (kyk p. 225 e.v.).
Verkieslik moet die aanvraag tot die doopsbediening ingedien en oorweeg word minstens ’n week vóór die Sondag waarop gedoop sal word.