Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.1 Algemene bepalinge

3.1 Christus verrig al die dienswerk in sy kerk en koninkryk deur sy Woord en Gees. Hy doen dit ondermeer deur gebruik te maak van:

3.1.1 die dienswerk1 van die drie besondere ampte in die kerk, te wete:

  • dié van bedienaar van die Woord2,
  • dié van ouderling,
  • dié van diaken,

om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk in die kerk en die wêreld; én

3.1.2 die dienswerk van al die gelowiges3.

3.2 Die drie besondere ampte is gelykwaardig, maar word in opdrag en werk onderskei. By die uitoefening van hulle roeping mag geen ampsdraer oor ander ampsdraers heerskappy voer nie, aangesien Christus die enigste Hoof, Koning en Meester van sy kerk is.


1 Geen ampswerk word onder die lidmate van ’n ander gemeente gedoen tensy met die instemming en medewete van daardie gemeente nie.
2 “Bedienaar van die Woord” verwys na “leraar”, “evangeliedienaar” en “predikant” en die begrippe het ooreenstemmende betekenisse. Waar in hierdie Kerkordeboek na die manlike verwys word, sluit dit ook die vroulike in en omgekeerd, tensy spesifiek anders vermeld.
3 Vergelijk die Kerkorde Art. 55.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Ambten
Hiërarchie

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 15
Kerkorde GKN (1905) Art. 2
Kerkorde GKN (1905) Art. 84
Kerkorde GKSA (2000) 15
Kerkorde GKSA (2000) 2
Kerkorde GKSA (2000) 84
Kerkorde GKv (1978) Art. 10
Kerkorde GKv (1978) Art. 2
Kerkorde GKv (1978) Art. 83
Kerkorde vGKN (2008) 15
Kerkorde vGKN (2008) 2
Kerkorde vGKN (2008) 83
Kerkorde VGKSA (2005) 10
Kerkorde VGKSA (2005) 2
Kerkorde VGKSA (2005) 83