Hoofstuk 5: Kerklike opsig, tug en dissipline

Tugwaardige sondes

61.1 Sondes wat tot tug lei, is sondes wat indruis teen die Woord van God en die belydenis van die Kerk.

61.2 Sondes wat openbare aanstoot gee of wat na aanleiding van die voorskrifte van Matteus 18: 15-17 onder die aandag van die Kerk kom, stel die oortreder(s) bloot aan ’n amptelike tugondersoek.

61.3 Wangedrag deur werknemers van die kerk in terme van diensverhoudinge kan ook tugwaardige sondes wees.


Kerkorde NGKerk (2011)