Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.2. Die bedienaars van die Woord

9.1 Die amp van die bedienaar van die Woord fokus op die bediening van die Woord in al sy gestaltes.

9.2 Die bedienaar van die Woord is geroep om 'n volgeling van Christus te wees en sy lewe te wy in diens van die Here en sy kerk.

9.3 Die bedienaar van die Woord funksioneer in ʼn gemeente, in die kerkverband en in die diens van die kerk in die wêreld.

9.4 In die gemeente aanvaar die bedienaar van die Woord verantwoordelikheid vir die bestudering en verkondiging van die Woord van God, die bediening van die sakramente, die diens van die gebede en die voortdurende ontwikkeling van bedieningsvaardighede. Die bedienaar van die Woord is ook saam met die ander ampte verantwoordelik vir:

  • eredienste,
  • die opbou van die gemeente,
  • onderrig en toerusting van gelowiges vir hulle dienswerk,
  • die gemeente se dienswerk in die wêreld,
  • leiding en organisering van die gemeente,
  • uitoefening van Christelike liefde en tug,
  • pastorale versorging.

Die kerkraad onderskei en bepaal, saam met die bedienaar van die Woord, die wyse waarop dié verantwoordelikhede, in lyn met bepaalde begaafdhede, uitgeleef word en vervat dit in ʼn diensooreenkoms.

9.5 Die bedienaar van die Woord neem ook deel aan die gesamentlike bediening van die kerkverband in die onderskeie kerklike vergaderinge en ekumeniese verhoudings.

9.6 As deel van die dienswerk van die kerkverband aan die wêreld tref die kerkverband reëlings oor wyses waarop die bedienaar van die Woord diensbaar is in die kerk en in die wêreld.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Taak van de predikant

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 16
Kerkorde GKSA (2000) 16
Kerkorde GKv (1978) Art. 16
Kerkorde vGKN (2008) 16
Kerkorde VGKSA (2005) 16