Hoofstuk 4: Die arbeid van die kerk

4.8. Die Dienswerk van die gelowiges

55.1 Die roeping van die Kerk in sy gestuurdheid na die wêreld (Missio Dei) impliseer die toegewyde dienswerk van elke gelowige.

55.2 Elke gelowige ontvang van die Here die gawes, die geleenthede en die krag van sy Gees om in hulle daaglikse lewe gestalte te gee aan God se liefde vir hierdie wêreld.

55.3 Met die oog hierop behoort die Kerk gelowiges toe te rus, te inspireer en te ondersteun.

55.4 Die Kerk skep geleenthede waar gelowiges betrek word by die uitbou van die Kerk en die uitbreiding van God se Koninkryk.

55.5 Dit staan gelowiges ook vry om ter wille van hulle dienswerk in die wêreld self aksies te begin, en netwerke en vennootskappe te vorm om die Koninkryk te bevorder.

55.6 Die Kerk gee met gesonde oordeel sy seën en samewerking aan hierdie aksies, netwerke en vennootskappe wat ook in diens staan van die Missio Dei.


Kerkorde NGKerk (2011)