Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.3. Ouderlinge en diakens

17.1 Die amp of bediening van die diaken is gerig op praktiese dienswerk. Dit begin in die erediens, en gaan vandaar uit na die gemeente en die wêreld waarin die lidmate leef. Die diakenamp omvat:
17.1.1 die toerusting van lidmate vir hulle dienswerk;
17.1.2 die opheffing, vertroosting en ondersteuning van almal wat in een of ander opsig barmhartigheidsdiens benodig;
17.1.3 die insameling en besteding van middele wat vir die diakonale werk nodig is;
17.1.4 die organisering en leiding van die barmhartigheidsbediening van die gemeente;
17.1.5 ander opdragte wat deur die kerkraad bepaal word in die lig van 17.1.

17.2 Die kerkraad bepaal met inagneming van 17.1.1 tot 17.1.5 die bedieningsverantwoordelikheid van elke diaken.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Taak van de diaken

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 25
Kerkorde GKSA (2000) 25
Kerkorde GKv (1978) Art. 22
Kerkorde vGKN (2008) 22
Kerkorde VGKSA (2005) 22