Hoofstuk 4: Die arbeid van die kerk

4.6. Sending/getuienis

53.1 Sending is die heilshandeling van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees met die wêreld, waardeur Hy uit die hele menslike geslag vir Hom ’n gemeente deur sy Woord en Gees vergader.
Deur dié gemeente

  • laat God sy Woord aan die gevalle wêreld verkondig,
  • bring Hy die gemeenskap van die heiliges uit alle nasies tot stand,
  • laat Hy diens aan die wêreld in nood lewer,
  • laat Hy sy opdrag om die skepping te bewaar en te bewerk sigbaar tot uitdrukking kom, en
  • word sy geregtigheid aan die samelewing en wêreld verkondig.

So laat Hy sy koninkryk kom tot aan die voleinding van die wêreld.

53.2 Deur sending bedien die kerk die evangelie in al sy dimensies aan mense buite die kerk.

53.3 Sending is die roeping van elke lidmaat asook die gemeente. Waar die omvang en ander omstandighede van die werk dit vereis, word dit in kerkverband onderneem.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Missionaire arbeid elders