Hoofstuk 4: Die arbeid van die kerk

4.4. Die Herderlike sorg

51.1 Die bedienaars van die Woord, ouderlinge en diakens moet herderlike sorg verleen aan alle lidmate van die gemeente, in besonder behoeftiges, siekes en oues van dae. Hulle moet besoek, bemoedig, vertroos en ondersteun word. Voorts moet lidmate voortdurend gewaarsku word teen valse leringe en dwalinge, teen wêreldsgesindheid en goddelose lewenspraktyke.

51.2 Die Christelike huwelik as ʼn instelling van God moet heilig gehou word en kerkrade moet hieroor die nodige herderlike toesig hou.

51.3 Kerkrade sien toe dat afgestorwe lede van die gemeente op ʼn Christelike wyse begrawe/veras word.


Kerkorde NGKerk (2011)