Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.1 Die kerkraad

28.1 Die kerkraad vergader minstens vier keer per jaar. In buitengewone omstandighede en met die goedkeuring van die ring kan die kerkraad minder vergader.

28.2 Die kerkraad kies jaarliks ’n voorsitter uit die bedienaar(s) van die Woord en ouderlinge.

28.3 Buitengewone vergaderings van die kerkraad word deur die voorsitter byeengeroep na oorlegpleging met die bedienaar(s) van die Woord indien die voorsitter nie ’n bedienaar van die Woord van die gemeente is nie.

28.4 Indien die plaaslike bedienaar(s) van die Woord nie by ’n gewone of buitengewone kerkraadsvergadering teenwoordig kan wees nie óf indien die gemeente vakant is, woon die konsulent of ’n ander bedienaar van die Woord (dienend óf geëmeriteerd), deur die ring of sy gevolmagtigde daartoe aangewys, die vergadering adviserend namens die ring by, met verslag aan die ring. Die persoon kan ook op versoek van die kerkraad as voorsitter optree.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Kerkenraad
Moderamen van de kerkenraad

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 37
Kerkorde GKSA (2000) 37
Kerkorde GKv (1978) Art. 36
Kerkorde vGKN (2008) 31
Kerkorde VGKSA (2005) 36