Die tug

Artikel
74

Aanmelding by die kerkraad

Geheime sondes mag nie aan die kerkraad bekend gemaak word as die sondaar na persoonlike, broederlike vermaning of na vermaning met een of twee getuies, berou toon nie.

Wanneer iemand volgens die reël van Mattheüs 18 oor ’n geheime sonde vermaan is en daaraan geen gehoor gee nie, of wanneer iemand ’n openbare sonde gepleeg het, sal dit aan die kerkraad meegedeel word.