Die ampte

Roeping tot die diens van die Woord

Die wettige roeping tot die diens van die Woord van hulle wat die amp van predikant nog nie beklee het nie, behels die beroeping, die eksamen, die goedkeuring van die gemeente en die bevestiging.

Die beroeping geskied onder aanroeping van die Here deur die kerkraad en die diakens met medewerking van die gemeente en met inagneming van die plaaslike reëling. Alleen diegene wat deur die klassis waaronder hulle ressorteer, voorbereidend geëksamineer is, kan vir die eerste keer beroep word. In kerke sonder ’n predikant in aktiewe diens, sal beroeping plaasvind met advies van die konsulent wat deur die klassis aangewys is.

Die eksamen wat die leer en lewe betref, sal afgeneem word deur die klassis wat die beroep moet goedkeur. Dit sal plaasvind in die teenwoordigheid van die deputate van die partikuliere sinode of 'n aantal van hulle.

Die goedkeuring van die gemeentelede is verkry wanneer die naam van die beroepe predikant op twee agtereenvolgende Sondae in die kerk afgekondig is, en daar geen wettige beswaar ingedien is nie.

Die bevestiging sal plaasvind in ’n erediens waarby die vasgestelde formulier gebruik word, met handoplegging deur die predikant wat die bevestiging waarneem.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Roeping van de predikant
Verkiezing van een predikant
Beroepbaar stellend onderzoek
Toelatend onderzoek
Beroeping
Instemming van de gemeente
Bevestiging van een predikant
Handoplegging

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 3
Kerkorde CanRC (1985) 4
Kerkorde CanRC (1985) 5
Kerkorde FRCA (2003) 3
Kerkorde FRCA (2003) 5
Kerkorde FRCA (2003) 6
Kerkorde GKN (1905) Art. 4
Kerkorde GKSA (2000) 4
Kerkorde GKv (1978) Art. 5
Kerkorde NGKerk (2011) 5