Die vergaderings

Deputate van meerdere vergaderings

Elke meerdere vergadering sal deputate benoem vir die uitvoering van sy opdragte. Daar sal sover moontlik afsonderlike groepe deputate vir die onderskeie sake aangestel word.

Die partikuliere sinode sal ook deputate benoem wat die klassisse moet bystaan in alle gevalle waar die Kerkorde dit voorskryf, en — op versoek van die klassisse — by spesiale probleme. Ook sal hulle, of ’n paar van hulle, toesig hou by die finale eksamen van die voornemende predikante.

Die deputate sal hul werksaamhede noukeurig aanteken en dit rapporteer.

Hulle moet hulself, as dit gevra word, kan verantwoord.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Deputaten van de generale synode
Deputaten van de particuliere synode

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 48
Kerkorde FRCA (2003) 48
Kerkorde GKN (1905) Art. 49
Kerkorde GKSA (2000) 49
Kerkorde GKv (1978) Art. 49