Die tug

Tug oor dooplidmate

Die kerkraad sal iemand wat as kind die doop ontvang het, vermaan as hy as volwassene nalaat om openbare geloofsbelydenis af te lê, of ook in ander opsigte aan sy roeping tot nuwe gehoorsaamheid in die verbond van God ontrou is. Indien hy die vermaning van die kerkraad hardnekkig verwerp, en daarby duidelik laat blyk dat hy afkerig is van die verbond en onverskillig of selfs vyandig teenoor die diens van die Here staan, sal dit met instemming van die klassis aan die gemeente bekendgemaak word. By die afkondiging sal die kerkraad sy naam noem en ook ’n tydperk vasstel. Die gemeente sal aangespoor word om hom aan te spreek en om vir hom te bid. As hy in die genoemde tydperk geen teken van opregte berou toon nie, sal die kerkraad hom in ’n erediens uit die gemeenskap van die kerk sluit, waarby die vasgestelde formulier gebruik moet word.

Indien hy na hierdie ekskommunikasie tot bekering kom en weer by die gemeenskap van die kerk wil aansluit, sal hy deur middel van openbare geloofsbelydenis toegelaat word, nadat die kerkraad sy bekering aan die gemeente bekendgemaak het.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Tucht over doopleden
Terugkeer in de gemeente
Vermaning
Excommunicatie
Goedkeuring door de classis
Openbare geloofsbelijdenis

VERWANT MET
Kerkorde FRCA (2003) 79
Kerkorde GKv (1978) Art. 82