Oor Kerklike Tug

Die laaste tugmiddel

Diegene wat na afhouding van die sakramente [nagmaal]* en na herhaalde vermanings geen teken van boetvaardigheid laat blyk nie, maar hardnekkig in die sonde volhard, moet eindelik met die laaste tugmiddel, die afsnyding van die gemeenskap van die kerk afgesny word volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is. Die finale afsnyding moet voorafgegaan word deur drie openbare afkondigings daarvan aan die gemeente, waarin vermeld moet word wat die oortreding van die sondaar is, dat daar veel arbeid aan hom bestee is deur bestraffing, afhouding van die sakramente en menigvuldige vermaninge en dat hy hom nie bekeer het nie. In hierdie afkondiginge moet die gemeente opgewek word om met die sondaar te spreek en vir hom te bid. By die eerste afkondiging moet die naam van die sondaar, om hom enigsins te spaar, nie genoem word nie. By die tweede moet met advies van die klassis ook sy naam genoem word. By die derde moet aan die gemeente bekend gemaak word dat die sondaar, as hy hom nie bekeer nie, van die gemeenskap van die kerk afgesny sal word, sodat sy afsnyding met die stilswyende bewilliging van die gemeente kan plaasvind as hy hardnekkig bly. Die kerkraad bepaal die tyd wat vir elke afsonderlike geval tussen die drie afkondiginge moet verloop.


* Hierdie gedeelte is verander deur die Nasionale Sinode 1997, en moet nog goedgekeur word deur die Algemene Sinode


Kerkorde GKSA (2000)

 

TREFWOORDEN

Afkondigingen in tuchtprocedure
Excommunicatie
Goedkeuring door de classis
Instemming van de gemeente

VERWANT MET
Kerkorde CGK (2010) Art. 77
Kerkorde Dordrecht (1619) Art. 77
Kerkorde GG (1907) Art. 77
Kerkorde GKN (1905) Art. 77
Kerkorde GKv (1978) Art. 77
Kerkorde VGKSA (2005) 77

COMMENTAAR
Spoelstra, B. (1989) Art. 77
Visser, J. (1999) Art. 77