Oor die Dienste

Wettige beroeping van predikante

Waar ’n bedienaar van die Woord van een kerk na ’n ander binne die kerkverband beroep word, geskied dit soos volg:

ten eerste, die verkiesing deur die kerkraad en die diakens na voorafgaande gebede, met onderhouding van die reëling wat daarvoor plaaslik in gebruik of deur die kerkraad vasgestel is en van die algemene ordinansies vir die beroepbaarheid van diegene wat buite die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gedien het en verder in kerke met slegs een bedienaar van die Woord, ook met advies van die klassis of van die konsulent wat hiervoor deur die klassis aangewys is;

ten tweede, die goedkeuring deur die lidmate van die betrokke kerk, as daar, nadat die naam vir minstens drie Sondae in die kerk afgekondig is, geen wettige besware ingedien is nie;

ten derde, die kontrolering deur die kerkraad saam met die klassikale deputate van die goeie kerklike getuienis ten opsigte van leer, lewe en ampsbediening en van die losmaking.

ten laaste, die openlike bevestiging voor die gemeente volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is.


Kerkorde GKSA (2000)

 

TREFWOORDEN

Beroeping
Verkiezing van een predikant
Consulent
Goedkeuring door de classis
Instemming van de gemeente
Bevestiging van een predikant

VERWANT MET
Kerkorde CGK (2010) Art. 5
Kerkorde Dordrecht (1619) Art. 5
Kerkorde GG (1907) Art. 5
Kerkorde GKN (1905) Art. 5
Kerkorde GKv (1978) Art. 6
Kerkorde NGKerk (2011) 12
Kerkorde NGKerk (2011) 7
Kerkorde VGKSA (2005) 6

COMMENTAAR
Spoelstra, B. (1989) Art. 4 & 5
Visser, J. (1999) Art. 4/5