Oor die Leer, Sakramente en ander Seremonies

Ondertekening van Formuliere van eenheid deur predikante en professore

Die bedienaars van die Woord en ook die professore aan die Teologiese Skool moet die drie Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht 1618-19 onderskryf en onderteken en die wat weier om dit te doen, moet metterdaad in hulle diens geskors word deur die kerkraad of klassis en in die geval van professore, deur die nasionale sinode, totdat hulle hul daaroor volledig verantwoord het. As hulle hardnekkig weier, moet hulle heeltemal van hulle diens afgesit word.


Kerkorde GKSA (2000)

 

TREFWOORDEN

Ondertekening van belijdenissen

VERWANT MET
Kerkorde CGK (2010) Art. 52
Kerkorde Dordrecht (1619) Art. 53
Kerkorde GG (1907) Art. 53
Kerkorde GKN (1905) Art. 53
Kerkorde GKv (1978) Art. 53
Kerkorde VGKSA (2005) 53

COMMENTAAR
Spoelstra, B. (1989) Art. 53 & 54
Visser, J. (1999) Art. 53/54