Die tug

Afkondigings tydens die prosedure

Voordat die kerkraad — na die ontsegging van die nagmaal en die daaropvolgende vermanings — tot ekskommunikasie oorgaan, sal hy die hardnekkigheid van die sondaar aan die gemeente bekend maak. Daarby sal sy sondes genoem word asook die vele pogings om hom tot inkeer te bring deur bestraffing, ontsegging van die nagmaal en talryke vermanings. Die gemeente sal aangespoor word om hom aan te spreek en vir hom te bid.

Hiervoor sal drie maal ’n afkondiging gemaak word. Om die sondaar nog te ontsien, sal sy naam in die eerste afkondiging nie genoem word nie.

By die tweede afkondiging sal sy naam wel genoem word met die instemming, volgens artikel 76, van die klassis.

By die derde afkondiging sal die kerkraad aan die gemeente bekendmaak dat hy uit die gemeenskap van die kerk gesluit sal word as hy hom nie bekeer nie; so sal die ekskommunikasie die stilswyende instemming van die gemeente hê.

Die kerkraad sal oor die tydsverloop tussen die afkondigings beslis.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Afkondigingen in tuchtprocedure
Excommunicatie
Goedkeuring door de classis
Instemming van de gemeente

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 68
Kerkorde FRCA (2003) 74
Kerkorde GKN (1905) Art. 77
Kerkorde GKSA (2000) 77
Kerkorde GKv (1978) Art. 77