Hoofstuk 5: Kerklike opsig, tug en dissipline

Kerklike dissipline

63.1 Werknemers in diens van ‘n gemeente of die kerkverband, kan in terme van hulle diensverhouding kerklik gedissiplineer word.

63.2 Kerklike dissiplinêre optrede is die gevolg van oortredings by die werkplek en het met die terme van die diensooreenkoms te doen.

63.3 Werknemers in diens van die kerkverband, staan onder die kerklike dissipline van die werkgewer.

63.4 Bedienaars van die Woord, emeriti en proponente in diens van ’n gemeente staan onder die kerklike dissipline van die ring.


Kerkorde NGKerk (2011)