Hoofstuk 5: Kerklike opsig, tug en dissipline

Lidmate, ampsdraers, gelegitimeerdes en werknemers

62.1 Alle doop- en belydende lidmate van die gemeente val onder die opsig en tug van die kerkraad.

62.2 Alle ouderlinge, diakens, bedienaars van die Woord, emeriti en proponente staan onder die opsig en tug van die ring, sonder om die opsig van die kerkraad oor sy ampsdraers uit te sluit (vergelyk Artikel 31.7 van die Kerkorde).

62.3 Lidmate van die kerk, wat as werknemers in diens van ’n gemeente of die kerkverband is, kan weens wangedrag getug word.


Kerkorde NGKerk (2011)