Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.3. Ouderlinge en diakens

16.1 Die amp of bediening van die ouderling is gerig op geestelike onderskeiding, versorging, leiding, bestuur en toesig, en omvat:
16.1.1 die toerusting van lidmate vir hulle dienswerk;
16.1.2 die regering van die gemeente;
16.1.3 die doen van huisbesoek;
16.1.4 die uitoefening van opsig en tug;
16.1.5 waaksaamheid oor die suiwerheid van die leer;
16.1.6 medeverantwoordelikheid vir die kategetiese onderwys;
16.1.7 die roeping om ander na Christus te lei;
16.1.8 die lei van eredienste waar die kerkraad en die ring daartoe vergunning gegee het11;
16.1.9 ander opdragte wat deur die kerkraad bepaal word in die lig van 16.1.

16.2 Die kerkraad bepaal met inagneming van 16.1.1 tot 16.1.9 die bedienings- verantwoordelikheid van elke ouderling.


11 Vergelyk Artikel 48.3.5 van die Kerkorde.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Taak van de ouderling

VERWANT MET
Kerkorde GKSA (2000) 23
Kerkorde GKSA (2000) 23
Kerkorde GKv (1978) Art. 21
Kerkorde vGKN (2008) 21
Kerkorde VGKSA (2005) 21