Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.3 Die sinode

Tot die taak en bevoegdhede van die sinode behoort:

35.1 die opstel en wysiging van bepalings en reglemente vir die werksaamhede aan hom toevertrou, mits dit nie met die Kerkorde in stryd is nie;

35.2 die behartiging van die gemeenskaplike roeping en gesamentlike werksaamhede van die gemeentes in sy gebied, met inagneming van Artikel 22 en daarom ook Artikel 26, 31 en 43 van die Kerkorde. Die aard en omvang van hierdie sake word deur die sinode self bepaal;

35.3 die opleiding van evangeliedienaars soos deur Artikel 5 van die Kerkorde bepaal;

35.4 die opbou van die nodige fondse met die oog op eie werksaamhede en die finansiering van die Algemene Sinode volgens ’n aanvaarde formule;

35.5 die behandeling van alle sake wat in eerste instansie of by wyse van appèl voor hom gebring word;

35.6 die aanwysing van afgevaardigdes na die Algemene Sinode.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Particuliere synode