Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.2 Die ring

30.1 Die ring word saamgestel uit een bedienaar van die Woord en een ouderling/diaken as afgevaardigdes deur die kerkraad van elke gemeente binne die ringsgebied. Waar die pos vir bedienaar van die Woord vakant is, kan ’n ouderling/diaken in die plek van die bedienaar van die Woord afgevaardig word.

30.2 As ’n gemeente meer as een pos vir bedienaar van die Woord het, het die kerkraad die reg om meer bedienaars van die Woord en nog een ouderling/diaken vir elke bykomende bedienaar van die Woord af te vaardig, indien die sinode daartoe besluit. Waar in sodanige gemeente ’n pos vir bedienaar van die Woord vakant is, mag die kerkraad ’n ouderling/diaken vir die vakante pos afvaardig.

30.3 Vir elke afgevaardigde word ’n sekundus aangewys. ’n Ouderling/diaken mag as sekundus vir ’n bedienaar van die Woord optree.

30.4 Alle afgevaardigdes moet van geloofsbriewe voorsien wees.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Afvaardiging
Credentiebrief
Classicale vergadering
Afgevaardigde diaken
Niet afgevaardigde predikanten

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 41
Kerkorde GKN (1905) Art. 42
Kerkorde GKSA (2000) 41
Kerkorde GKSA (2000) 42
Kerkorde GKv (1978) Art. 41
Kerkorde GKv (1978) Art. 42
Kerkorde vGKN (2008) 38
Kerkorde vGKN (2008) 39
Kerkorde VGKSA (2005) 41
Kerkorde VGKSA (2005) 42