Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.4 Die Algemene Sinode

44.1 Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met ’n tweederdemeerderheid én twee derdes van alle kerkrade20 elk met ’n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het.

44.2 Artikel 44.1 en 44.2 van die Kerkorde word gewysig nadat elke sinode afsonderlik met ’n tweederdemeerderheidstem ten gunste daarvan besluit het en die Algemene Sinode daarna met ’n tweederdemeerderheidstem ten gunste daarvan besluit.

44.3 Die Algemene Sinode mag, met uitsondering van Artikel 44.1 en 44.2, die Kerkorde wysig of aanvul met ’n tweederdemeerderheidstem.

44.4 Sake in verband met leertug, leergeskille of geskille tussen sinodes en mindere vergaderinge kan by wyse van appèl voor die Algemene Sinode dien. In gevalle van leertug en leergeskille word ’n tweederdemeerderheidsbesluit vir die bekragtiging van die uitspraak van die Algemene Sinode vereis (vergelyk Artikel 65.2 van die Kerkorde).

44.5 Indien ’n tweederdemeerderheid nie verkry word nie, mag enige van die partye ’n verdere beroep op die afsonderlike sinodes doen. Die gesamentlike volstrekte meerderheid van stemme van die afsonderlike sinodes is dan beslissend.


20 Vir die wyse waarop die besluit van kerkrade oor die verandering van die belydenisgrondslag van die NG Kerk hanteer word ten einde die instemming en approbasie van ten minste twee derdes van belydende lidmate van gemeentes met die besluit te verkry, vergelyk die Reglement vir die Vermeerdering, Kombinering, Eenwording en Samesmelting van Gemeentes, en die Vorming van ‘n Nuwe Kerkverband, punt 6.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Belijden van de kerk
Wijziging van de kerkorde