Hoofstuk 5: Kerklike opsig, tug en dissipline

Kerklike opsig en tug

60.1 Die kerklike opsig en tug dra ’n geestelike karakter en pas by die kerk as ’n geloofs- en ’n liefdesgemeenskap. Opsig en tug word dus op ’n kerklike wyse en met geestelike middele uitgeoefen.

60.2 Die amptelike uitoefening van die tug deur kerkvergaderinge of hulle gevolmagtigdes vervang nie die roeping van die gelowiges tot onderlinge vermaning nie, maar vul dit aan.

60.3 Amptelike kerklike opsig en tug is pastoraal-kerkregtelik van aard en moet uit ’n Bybelse en geestelike oogpunt billik en regverdig toegepas word.

60.4 Die kerklike opsig gaan oor die hele lewenswandel (leer en lewe) van al die lidmate (doop en belydend) van die gemeente, ampsdraers ingesluit.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Opzicht