Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.4 Die Algemene Sinode

43.1 Tot die taak van die Algemene Sinode hoort:
43.1.1 dit wat uitdrukking gee aan ons gemeenskaplike identiteit in terme van Woord, belydenis, kerkorde, roeping en beleid;
43.1.2 dit wat ons nasionale en internasionale ekumeniese verhoudinge raak;
43.1.3 dit wat die kerk se publieke getuienis op nasionale en internasionale gebied raak18;
43.1.4 die viering van ons onderlinge verbondenheid;
43.1.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat amptelik gebruik moet word;
43.1.6 die vasstelling van die Belydenisskifte ooreenkomstig Artikel 44, die Kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die liederebundel(s) en die liturgiese grondlyne vir eredienste;
43.1.7 die vasstelling van die formele vereistes vir die opleiding van die bedienaars van die Woord;
43.1.8 die administrasie van vaste eiendom en fondse van die Algemene Sinode19;
43.1.9 die beheer oor algemene kerklike media;
43.1.10 die hantering van appélsake wat voor hom gebring word.


18 ’n Sinode/ring wat in ’n staat buite die Republiek van Suid-Afrika funksioneer, behartig die openbare getuienis en die verhouding en ooreenkomste met daardie staat en ander samelewingsverbande, namens die kerkverband.
19 Hierdie Artikel moet saamgelees word met die Reglement vir die Reëling van Eiendomme, Goedere en Fondse.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Bijzondere synode