Die ampte

Beroep na ’n ander kerk

Wanneer predikante na ’n ander kerk beroep word, sal die beroeping ook geskied deur die kerkraad en die diakens, met medewerking van die gemeente en met inagneming van die plaaslike reëling.

Die kerke sal hulle hou aan die algemene kerklike bepalings oor die beroepbaarheid van predikante wat buite Suid-Afrika in kerke van gereformeerde belydenis gedien het, en oor die herhaalde beroeping van dieselfde predikant in dieselfde vakature.

Kerke sonder ’n predikant in aktiewe diens sal beroepingswerk doen met advies van die konsulent wat deur die klassis aangewys is.

Dit geld vir alle kerke dat die goedkeuring van die klassis vereis word. Predikante wat volgens hierdie artikel beroep is, moet aan die klassis ’n goeie kerklike getuienis ten opsigte van leer en lewe toon. Die vereiste goedkeuring van die gemeentelede is verkry as die naam van die beroepe predikant op twee agtereenvolgende Sondae afgekondig is en daar geen wettige beswaar ingedien is nie.

Die bevestiging sal plaasvind in ’n erediens waarby die vasgestelde formulier gebruik moet word.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Beroeping
Verkiezing van een predikant
Bevestiging van een predikant
Goedkeuring door de classis
Instemming van de gemeente
Consulent

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 3
Kerkorde CanRC (1985) 4
Kerkorde CanRC (1985) 5
Kerkorde FRCA (2003) 3
Kerkorde FRCA (2003) 5
Kerkorde FRCA (2003) 6
Kerkorde GKN (1905) Art. 5
Kerkorde GKSA (2000) 5
Kerkorde GKv (1978) Art. 6
Kerkorde NGKerk (2011) 12
Kerkorde NGKerk (2011) 7