Opsig oor die leer en die erediens

Genre: Tijdschriftartikel

Attestaat na ’n ander gemeente

As lidmate na ’n ander gemeente vertrek, sal die kerkraad aan hulle, na die vereiste afkondiging aan die gemeente, ’n attestaat betreffende leer en lewe saamgee, onderteken deur die voorsitter en die skriba. Op hierdie attestaat sal ook hulle kinders wat nog nie belydenis van die geloof afgelê het nie, vermeld word. Daar sal betyds ’n berig aan die betrokke gemeente gestuur word. Indien ’n lidmaat wat nog nie belydenis van die geloof afgelê het nie, besluit om na ’n ander plek te verhuis, sal ’n attestaat aan die betrokke kerkraad gestuur word met die versoek dat die lidmaat onder sy opsig en tug geplaas word.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Attestatie bij verhuizing
Doopattest

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 62
Kerkorde FRCA (2003) 59
Kerkorde FRCA (2003) 60
Kerkorde GKN (1905) Art. 82
Kerkorde GKSA (2000) 82
Kerkorde GKv (1978) Art. 63