Die vergaderings

Kerkvisitasie

Die klassis sal elke jaar ’n paar van sy mees ervare en bekwame predikante magtig om visitasie te doen in alle kerke in sy gebied. Indien nodig, kan hy behalwe predikante ook ’n ouderling benoem wat vir hierdie taak bekwaam is.

Die visitatore sal ondersoek instel of die ampsdraers elkeen afsonderlik en gesamentlik hulle ampte getrou vervul, hulle by die suiwer leer hou, die aanvaarde orde in alles nakom en die opbou van die gemeente na die beste van hul vermoë met woord en daad bevorder.

Die doel van die visitasie is om ampsdraers by wie nalatigheid bemerk word, betyds te vermaan en ook om met raad en daad saam te werk aan die vrede, die opbou en die welsyn van die kerke.

Die visitatore sal ’n skriftelike verslag van hulle werk aan die klassis voorlê.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Kerkvisitatie

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 46
Kerkorde FRCA (2003) 44
Kerkorde GKN (1905) Art. 44
Kerkorde GKSA (2000) 44
Kerkorde GKv (1978) Art. 44