Artikel
86

Kerkorde is ooreenkoms tussen kerke

Hierdie artikels wat betrekking het op die wettige orde van die kerk, is so opgestel en aangeneem met algemene stemme dat hulle, as die belang van die kerk dit anders vereis, verander, vermeerder of verminder kan word en behoort te word. Geen besondere kerk, klassis of sinode het egter die reg om dit te doen nie, maar hulle moet hul daarop toelê om dit te onderhou, totdat die algemene sinode anders verorden, nadat geleentheid vir advies deur die kerke gegee is deur middel van die onderskeie nasionale sinodes.