I
Dit is een van die onvervreembare verdienstes van die Kerkhervorming dat dit gevoer het tot ’n helder insig in hierdie waarheid. Kerkregtelik gesien, was die Reformasie ’n stryd om die waarheid van die regering van Christus in Sy kerk. Die Hervormers kon dit nie anders sien as dat die Rooms-Katolieke stelsel van kerkregering Christus uit Sy posisie as Hoof van die kerk verdring en die heerskappy van die kerk aan die mens toevertrou nie. In hierdie oortuiging het hulle volhard ten spyte daarvan dat hulle volkome bewus was van die feit dat ook Rome meen dat hy die belydenis van die Hoofskap van Christus ten volle aanvaar.
Deur al die eeue heen word daar in die Rooms-Katolieke Kerk oor die Hoofskap van Christus gespreek. Daarby is dan steeds ook verstaan dat die Hoofskap van Christus vanself insluit dat Hy oor die kerk regeer. Dit sou eenvoudig wees om 'n hele aantal voorbeelde uit die Vaders en skolastici aan te haal om te bewys dat daar vir Rome genoegsaam rede bestaan om te verklaar dat by volkome reg wil laat geskied aan die heerskappy van Christus in die kerk.8 Daarby is dit egter duidelik dat Rome geen teenspraak aanvoel wanneer náás hierdie aanvaarding van die
8. Vgl. bv. die voorbeelde aangehaal door Pous Pius XII in sy ensikliek Mystici Corporis Christi van 1943. Verder: M. Schmaus, Katholische Dogmatik, III, 1, 271.
|5|
heerskappy van Christus vrymoedig gespreek word oor die heerskappy van die mens, die pous van Rome, die biskoppe en die priesters in die kerk nie. Selfs die bul Unam Sanctam van Bonifatius VIII (1302), wat sulke vérgaande magsaansprake vir die pous bevat, doen dit nie sonder om óók melding te maak van die Hoofskap van Christus nie. Die geheim van hierdie vrymoedige aanvaarding van die heerskappy van die mens in die kerk is egter daarin geleë dat Rome uitgaan van die opvatting dat Christus één is met Sy plaasvervanger (Petrus en sy opvolgers), sodat daar nie sprake kan wees van twee hoofde vir die kerk, Christus en die pous nie, maar slegs van één: Christus-in-gemeenskap-met-Sy-plaasvervanger.9 Christus en die biskop van Rome word eenvoudig in ’n onverbreekbare verbondenheid gesien, waarby laasgenoemde Christus sonder meer verteenwoordig. Deur hierdie vereenselwiging van Christus en die pous is alle heerskappy van die pous ook vanselfsprekend gelyk aan die heerskappy van Christus. Christus regeer, maar Hy doen dit deur die pous. Wat die pous dus doen, moet aanvaar word as daad van Christus.
Dit is slegs die konsekwensie van hierdie opvattings wat gelei het tot die dogma van die onfeilbaarheid van die pous soos dit geformuleer is deur die Vatikaanse Konsilie van 1870. Die identiteit van Christus en die pous eis dit eenvoudig, omdat die onfeilbaarheid van Christus vanselfsprekend op die pous oorgedra moet word.10 Die jaar 1870 was daarin maar net die eindpunt van ’n eeuelange ontwikkeling waarin die verhouding tussen Christus en die kerk verkeerd verstaan is vanuit die vanselfsprekende identiteit tussen Christus en die kerk, met name tussen Christus en die geestelike stand in die kerk.11 Daaragter sit ook die hele Rooms-Katolieke teologie met sy fisiese genadebegrip, sy visie op die mededeling van die heil aan die mens deur die sakramente wat ex opere operato werk, sy verstaan van die kerk as Heilsanstalt en uitdeelster van die genade en sy gevolglike sakralisering van die amp. Deur die priesterwyding word die ampsdraers blywend verhef tot ’n hoëre orde, word aan hulle ’n inklewende geestelike regeermag oorgedra en word aan hulle die genade verleen om onfeilbaar Gods genade uit te deel en in die kerk te regeer. Hulle word opgeneem as tweede oorsake wat onder die Eerste Oorsaak, Jesus Christus, die kerk regeer en die genade van God uitdeel. Daardeur word die verhouding tussen Christus en die
9. Vgl. Denzinger, Enchiridion Symbolorum, Ed.
29, 219; H. Bettenson, Documents of the Christian
Church, 160; die ensikliek Mystici Corporis
Christi, 10-14 en 54-55; A. Mitterer, Geheimnisvoller
Leib Christi, 1950, 146 e.v.
10. Vgl. H. Berkhof, Geschiedenis der Kerk, 198, 303;
Schmaus, a.w., 801 e.v.
11. Vgl. A. von Harnack, Christus Praesens — Vicarius
Christi, Sitzungsberichte der preusz. Akademie der
Wissenschaften, 1927, 415 e.v.
12. Vgl. F. Diekamp-K. Jüssen, Katholische Dogmatik,
1954, III, 346 e.v.
|6|
amp verstaan as ’n stabiele, onveranderlike gegewenheid. Al die beloftes van Christus oor Sy teenwoordigheid in die kerk en Sy versekeringe oor die gesag waarmee Sy apostels mag optree (vgl. Matt. 10: 40 — „Wie julle ontvang, ontvang My”, of Joh. 20: 23 — „As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe”), word deur Rome verstaan as onvoorwaardelike toeseggings wat eens en vir altyd gemaak is en wat vanselfsprekend en sonder meer vir die kerk permanent tot werklikheid geword het. Daar is vanuit hierdie gesigspunt geen enkele moontlikheid dat die kerk of die ampsdraers van die kerk uit die juiste verhouding tot Christus kan uitval en dat die kerk of die ampsdraers dan nie meer Christus verteenwoordig of werklik in Sy Naam optree nie. Waar die apostoliese suksessie en die regte priesterwyding teenwoordig is, is die volmag van Christus volgens Rome vanselfsprekend teenwoordig en gewaarborg sonder dat die vraag gestel word of die kerk konkreet gehoorsaam aan Christus is.13 Die Hoofskap van Christus is op hierdie wyse volledig ingebed in die struktuur van die Rooms-Katolieke hiërargie en kan dus geen kritiese werklikheid vorm teenoor die hoofskap van die mens in die kerk nie. Die mens in die kleed van die ampsdraer met sy character indelibilis het die teuels in hande geneem. Al wil Rome nog ruimte laat vir ’n persoonlike invloed van Christus in die harte — soos dit geskied in die ensikliek Mystici Corporis Christi 14— in werklikheid kan daar van ’n aktuele, persoonlike en direkte regering van Christus in die kerk weinig sprake meer wees. Die gesag van Christus is eens en vir altyd oorgedra aan die ampsdraers en is eenvoudig altyd sonder meer in die ampsdraers aanwesig.15 Daarom kan die vraag met reg gestel word of die regering van Christus hier nie volledig vervang is deur die regering van die ampsdraers nie, aangesien daar vir die persoonlike regering van Christus geen ruimte gelaat is in onderskeiding van die — soos Barth sê — „in der Kirche ohne Unterbruch, Hemmung und Grenze von Menschen ausgeübten Gewalt” nie.16 Dit is dan ook net konsekwent dat Rome verwag dat alle lidmate van die kerk hulle sonder meer aan die heerskappy van die geestelike stand moet onderwerp.
Dit is teen hierdie vervanging van Christus deur die amp en hierdie verselfstandiging van die amp dat die Reformatore hulle onvermoeide protes laat hoor het. Hierdie protes kom nie daaruit voort dat die Reformatore nie óók ’n sterk ampsopvatting daarop nagehou het of omdat hulle betwyfel het dat Christus in Sy regering van die kerk van die diens van mense gebruik maak nie.
13. Vgl. G.C. Berkouwer, Conflict met Rome, 1949,
26 e.v., veral 38 e.v.
14. Mystici Corporis Christi, 54-58; vgl. Mitterer,
a.w., 148-149; Carl Feckes, Die Kirche als Herrenleib,
1949, 75 e.v.
15. Hierdie waarheid geld vir die Rooms-Katolieke Kerk veral ten
opsigte van alle beslissings insake leer en lewe wat deur die
geestelike leerstand geneem word. Vgl. I. Klug, Het
Katholieke Geloof, 1940, 545-546.
16. K. Barth, Kirchliche Dogmatik I, 1, 100.
|7|
Ook kom dit nie daaruit voort dat hulle nie verstaan het dat die ampte met volmag in die Naam van Christus mag optree nie. Inteendeel. sowel Luther as Calvyn kan ten volle reg laat geskied aan alle tekste in die Skrif wat die gesag onderstreep van diegene wat in die Naam van Christus optree en dus Christus by die gemeente verteenwoordig en vir Hom tot ’n mond kan dien.17 Maar, die verskil tussen hulle en Rome lê daarin dat hulle van geen onvoorwaardelike en vanselfsprekende vereenselwiging van Christus en die ampsdraers wil weet nie. Die ampsdraers word deur Christus gebruik.maar nooit so, dat Hy Sy mag aan hulle oordra of Sy persoonlike en direkte regering van die kerk uit Sy hand laat neem nie. Die ampsdraers is dus nie daar om self in die kerk te regeer nie, maar alleen om die regering van Christus in Sy kerk te dien Die Reformatore gaan dus van 'n totaal ander ampsopvatting uit as Rome, sodat dit vir hulle onmoontlik word om menseheerskappy in die kerk te verbind met die Christusheerskappy. As Christus die Hoof van die kerk is, kan geen mens dit weer nie; as Christus oor Sy kerk regeer, moet alle menseheerskappy uit die kerk geban word.18 Christus is Hoof van die sigbare kerk so goed as wat Hy dit is van die onsigbare.19 Daarom het Hy geen sigbare plaasvervanger nodig op wie Hy Sy gesag sou moet oordra nie, omdat Hy Self in die kerk teenwoordig is.20 Veral Calvyn bly daarop hamer dat daar by die inrigting van die kerk vir die lewende en persoonlike regering van Christus ruimte gelaat moet word en dat alles uit die weg geruim moet word wat ook maar enigsins die heerskappy van Christus in die weg kan staan.21 Eintlik staan alles wat Calvyn in sy tetiese en antitetiese uitsprake oor die regering van die kerk te sê het, in die teken van een groot waarskuwing dat „aan Christus niks ontneem moet word nie”.22 Hy pleit daarvoor dat die dienaars self hulle bes moet doen om vir Christus Sy gesag te bewaar, wat op geen ander wyse ongeskonde kan bly nie as wanneer aan Hom gelaat word wat Hy van die Vader ontvang het, naamlik dat Hy die enigste Meester
17. Vgl. vir Luther in die Weimarer Ausgabe van sy werke,
deel 8, 683; deel 52, 269; deel 47, 120; deel 51, 15 ens. Wat
Calvyn betref, vgl. bv. Institusie, IV, I, 5; IV, III,
1.
18. Vgl. W.A. (Weimarer Ausgabe van Luther se werke) deel 45,
309: „Darumb soll man den Bapst verfluchen und verdammen mit
seinem Frevel, das er sich zum Heubt der Christenheit gemacht
hat. Denn Jhesus Christus, Gottes Son ... ist das Heubt des
Leibes, nemlich der Gemeine ...”
19. Vgl. W.A., XLV, 310.
20. Vgl. Inst. IV, VI, 10.
21. Vgl. A.J. Bronkhorst, a.w., 204-207; Niesel, Die
Theologie Calvins, 192; H. Bouwman, Geref. Kerkrecht
I, 240-241; E. Sehling, Geschichte der prot.
Kirchenverfassung (tweede druk), 40; W. Kreck, Ordnung
und Ämter der Kirche als Zeugnis der freien Gnade,
Evangelische Theologie VII, 1947/48, 129-132; Geddes McGregor,
Corpus Christi, 1959, 55; J. Weerda, Ordnung und
Lehre, Calvinstudien, Neukirchen, 1959, 148.
22. Inst. IV, IX, 1: „... ut nihil scilicet Christo
derogetur.”
|8|
van die kerk moet wees.23 In die lig van hierdie beklemtoning van die persoonlike regering van Christus in Sy kerk kan die Reformatore dus nie spreek oor plaasvervangers vir Christus nie en word hulle ampsopvatting gedra deur die begrip diens. Die amp is geen sacerdotium nie, maar ministerium.24 Kennelik verstaan die Reformatore dit so dat die heerskappy van Christus in die kerk bedreig en selfs verdring kan word wanneer aan die ampsdraers ’n eie regeermag toegeken word. Calvyn is selfs baie uitgesproke daaroor dat Christus Sy reg en eer nie oordra op die mense van wie se diens Hy by die regering van die kerk gebruik maak nie, maar dat Hy alleen deur hulle mond Sy eie werk volbring, soos ’n handwerksman gereedskap gebruik by die verrigting van sy werk.25 Wanneer hy soms oor die ampsdraers kan spreek as diegene wat aan die hoof staan,26 dan is dit nogtans duidelik dat hy daarmee niks anders bedoel as die verrigting van hierdie diens waartoe die ampsdraers deur Christus Self gebruik word nie. Die gesag van die ampsdraers is vir die Reformatore onder geen omstandigheid ’n eie, inherente gesag nie. Selfs waar gesê word dat Christus aan die ampsdraers gesag verleen, word daarmee nie bedoel dat 'n oordrag van gesag plaasvind, sodat die ampsdraers voortaan ’n eie gesag besit nie, maar word alleen bedoel dat aan hulle ’n ministerium verleen word waardeur hulle die gesag van Christus bedien.27
Hierdie opvatting van die Reformatore berus daarop dat hulle die regering van Christus in die kerk verstaan as ’n regering deur Sy Woord en Gees.28 Wanneer Calvyn gaan handel oor die orde in die kerk, dan verklaar hy dat, ofskoon Christus Self alleen in die kerk moet regeer en heers en in die kerk ook die leiding moet hê en die hoogste gesag moet beklee en daardie heerskappy alleen deur Sy Woord uitgeoefen en bedien moet word, Hy nogtans, omdat Hy nie met sigbare teenwoordigheid onder ons wil woon om ons Sy wil mondeling in eie persoon mee te deel nie, daartoe die diens van mense aanwend.29 Dit is ook die duidelike leer van die Lutherse belydenisskrifte. Omdat Christus die enigste Hoof van die kerk is, kan en mag alleen die Woord van God in die kerk heers.
23. Inst. IV, VIII, 1: „Porro aedificandae Ecclesiae una
haec ratio est, si ministri ipsi suam Christo authoritatem
conservare student, quae salva aliter esse non potest quam si id
ei relinquatur quod a Patre accepit: nempe ut sit unicus
Ecclesiae magister.”
24. Vgl. W. Geesink, Gereformeerde Ethiek, I, 386; H.
Dooyeweerd, De Wijsbegeerte der Wetsidee, III, 489
e.v.
25. Inst. IV, III, 1: „... ut voluntatem nobis suam ore coram
declaret, hominum ministerium in hoc adhibere ... non ad eos
ius suum honoremque transferendo ...”
26. Inst. IV, X, 28: „qui praesunt.”
27. Vgl. C.J.H. de Wet, Die Kollegiale Kerkreg, 1921,
121; H. Bavinck, Geref. Dogmatiek IV, 388-389.
28. Vgl. A.J. Bronkhorst, a.w., 203, 221 e.v.
29. Inst. IV, III, 1.
|9|
Die bediening van Woord en sakrament is die enigste vorm van regering in die kerk, die inbegrip van alle kerklike mag, die volledige sleutelmag.30 Al funksie wat die mens in die regering van die kerk kan beklee, is regstreekse of sydelingse bediening van die Woord waardeur Christus persoonlik regeer. Die Reformatore kan sterk uitsprake doen oor die volmag waarmee die ampsdraers mag optree. Dit is onbeskryflik heerlik en hou niks minder in nie as die volmag om te straf en te vermaan, te bind en te ontbind, te bou en te vernietig en as dit nodig is, sê Calvyn, ook te bliksem en te donder, ... maar alles net deur die Woord van God.31 Die Confessio Augustana druk dieselfde gedagte uit deur te verklaar dat die kerklike mag uitgeoefen moet word sine vi humans sed verbo.32 Daaraan dat die Woord van God in die kerk regeer, ontleen die kerk onder alle omstandighede sy mag om te leer, te regeer en reg te spreek. Maar dit is dan ook presies die grens van alle kerklike gesag. Die kerk het geen eie gesag op grond waarvan by iets kan beveel wat nie op grond van Gods Woord beveel moet word nie.33 Die Reformatore polemiseer deurgaans teen ’n ampsopvatting wat sou moet beteken dat die ampsdraers onder alle omstandighede gehoorsaam moet word, asof hulle ’n eie gesag het om te beveel wat hulle goed mag vind.34 Deurgaans roep hulle daartoe op dat die gemeente die Woord van God as die enigste maatstaf moet beskou. Alle regeerwerksaamhede van ampsdraers en kerkvergaderinge moet aan Gods Woord getoets word. As bevind word dat daar strydig met Gods Woord gehandel of beslis word, het die handelinge of beslissinge van die ampsdraers geen gesag hoegenaamd nie. Calvyn verklaar dat die besluite van konsilies ondersoek moet word met die maatstaf van mense en engele, naamlik die Woord van God. Alleen wanneer die besluite met Gods Woord ooreenkom, kan hulle gesag hê.35 Die uitspraak van Hand. 4: 19, dat ons God meer gehoorsaam moet wees as die mense, keer herhaaldelik in die geskrifte en belydenisskrifte van die Reformatoriese tyd terug, net soos ook die verwysing na die valse profete en die Joodse Raad wat die gehoorsaamheid van die gemeente verbeur het deur van Gods Woord of te wyk.36
30. Vgl. Confessio Augustana en die Apologie Conf. Aug.,
art. XXVIII.
31. Inst. IV, VIII, 9: „... sed omnia in verbo Dei.”
Vgl. ook IV, VIII, 13: „Hoc igitur est discrimen. Illi Ecclesiae
authoritatem extra verbum Dei collocant: nos autem volumus verbo
annexam, nec ab eo separari patimur.” Vgl. ook die Tweede
Helvetiese Konfessie, art. 16.
32. Vgl. Confessio Augustana, art. XXVIII.
33. Inst. IV, X, 7: „Id si rite expendimus, nefas esse ad hominem
transferri quod Deus suum unius facit: intelligemus ita praecisum
quicquid sibi potestatis vendicant qui se ad aliquid in Ecclesia
iubendum sine verbo Dei efferre volunt.”
34. Vgl. by die Smalkaldiese Artikels, Tractatus de Potestate
et Primatu Papae.
35. Inst. IV, IX, 9.
36. Vir Calvyn, vgl. Inst. IV, IX, 3-7. Van Lutherse kant: Conf.
Augustana en Apol. Conf. Aug., art. VIII.
|10|
Waar die Rooms-Katolieke opponente hulle telkens beroep het op Hebr. 13: 17, wat lui dat ons gehoorsaam en onderdanig moet wees aan ons voorgangers, stel die Reformatore daarteenoor dat dit geen onvoorwaardelike gebod is nie. „Dieser Spruch fordert, dass man sol gehorsam sein dem Evangelio, denn er gibt den Bischofen nicht eine eigene Herrschaft oder Herrengewalt ausser dein Evangelio; so sollen auch die Bischofe nicht wider das Evangelium Satzung machen, noch ihre Satzunge wider des Evangelium auslegen. Denn wenn sie das thun, so verbeut und das Evangelium ihnen gehorsam zu sein, wie Paulus zu den Galatern sagt: So euch jemands würde ein ander Evangelium predigen, der sei verflucht”.37 Calvyn spreek hierdie gedagte van die Apologie feitlik net so uit in sy Institusie en hy verklaar dat slegs die ampsdraers wat her- nog derwaarts van Gods wet afwyk, vir die gelowiges ware voorgangers kan wees.38 Dit is hieruit meer as duidelik dat die Reformatore nie weet van ’n inklewende ampsgesag by die ampsdraers nie, soos Calvyn ook angsvallig verduidelik dat die potestas waarmee die kerk regeer, eintlik nie iets is wat aan die mense, dit is, die ampsdraers, gegee is nie, maar aan die diens waarin hulle aangestel is, of (om duidelik te spreek) aan die Woord waarvan die bediening aan hulle toevertrou is.39 Alle gesag in die kerk is Woord-gesag. Tereg formuleer Veenhof dit soos volg: „De Reformatoren ondernamen het naar den mensch gesproken ontzaglijke en, werelds geoordeeld, krankzinnige waagstuk om het in de regeering en heel het leven der kerk alleen met Gods Woord en de vrijwillige onderwerping daaraan te doen ... Zij ondernamen het naar wereldsche maatstaven gemeten dwaze pogen om geen andere onderwerping te willen, dan die welke gehoorzaamheid aan Gods Woord was. Zij wilden niet zelf, zij wilden niet, dat de kerkelijke instanties als zoodanig, gehoorzaamd zouden worden. Zij weigerden eenige gehoorzaamheid, welke niet gehoorzaamheid aan een duidelijk uitgedrukt Godswoord was”.40
Uit die aard van die saak ontken die Reformatore nie dat die ampsdraers gesag het om ter wille van die uiterlike orde bepalinge
37. Apologia Conf. Aug., art. XXVIII, reël 20 e.v.
38. Inst. IV, IX, 12: „Illi igitur spirituales nobis erunt
Praefecti qui a Lege Domini neque huc neque illuc
deflectent.”
39. Inst. IV, VIII, 2: „Proinde hic meminisse oportet, quicquid
authoritatis ac dignitatis Spiritus in Scriptura, sive
Sacerdotibus, sive Prophetis, sive Apostolis, sive Apostolorum
successoribus defert, id totum non proprie hominibus ipsis, sed
ministerio cui praefecti sunt dari: vel (ut expeditius loquamur)
verbo, cuius ministerium illis est commissum.” Vgl. ook Inst. IV,
XI, 1 en Inst. IV, VIII, 4: „Non est igitur potestas Ecclesiae
infinita, sed subiecta verbo Domini, et in eo quasi inclusa.”
Verder: F. Méjan, Discipline de l’Eglise Reformée de
France, 1947, 10; Corpus Reformatorum (Ed. Baum,
Cunitz et Reuss), XXIX, 196; F.L. Rutgers, De Beteekenis der
Gemeenteleden als zoodanig volgens de beginselen die Calvijn,
toen hij openlijk optrad, heeft ontwikkeld en toegepast,
1906, 21.
40. C. Veenhof, Om de „Unica Catholica”, 1949,
302.
|11|
te maak wat nie direk uit die Skrif afgelees kan word nie. Calvyn spreek selfs uitvoerig daaroor dat die kerk reëlings moet tref in verband met die seremonies en oor sulke sake soos die tye en plekke van die eredienste, die kategese en die toepassing van die kerklike tug. Net, hierdie bepalinge dra in die kerk ’n totaal ander gesag as die Woord van God, Hulle handel nie oor die essentialia van die diens van die Here nie, maar oor die circumstantiae. Hulle moet altyd aan die buitekant bly. Deur dergelike bepalinge te maak, regeer die ampsdraers nie in eie bevoegdheid oor die kerk nie, maar skep hulle in aansluiting by en as uitvloeisel van hulle diens aan die Woord van God, die ruimte in die kerk vir die regering van die Woord van God. Daarom kan sulke bepalinge nie maar na willekeur gemaak word nie. Hulle moet tot die minimum beperk word en vind hulle legitimasie bloot in die feit van hulle nut vir die diens van die Here.41 Juis daarom egter kan hulle ook die gewetens nie bind nie en mag hulle nooit as „ewige wette” beskou word nie. Die onderhouding van sulke bepalinge dra heeltemal ’n ander karakter as die gehoorsaamheid aan die Woord van God. Dit geskied met behoud van die vryheid van die lidmaat as ’n soort vrywillige beperking van sy eie vryheid ter wille van die uiterlike orde en die liefde. Dit gaan daarby meer om die onderhouding van ’n bepaalde styl ter wille van die goeie orde van die kerklike lewe as om ’n gehoorsaamheid aan wette. Terwyl sulke bepalinge nie ligvaardig verontagsaam moet word en in elk geval nie hardkoppig verag moet word nie, is die oortreding daarvan tog ook nie sonde nie.42 Egte onderwerping en gehoorsaamheid kom in die kerk alleen aan die Woord van God toe, nie aan die ampsdraers of hulle bepalinge as sodanig nie. Nog die ampsdraers self, nog hulle bepalinge vir die uiterlike orde het ’n eie gesag. Hulle gesag rus enkel daarop dat hulle draers van die Woord is of ruimte maak vir die persoonlike regering van Christus deur Sy Woord.
Waar die Reformatore op hierdie wyse beklemtoon dat die ampsdraers geen eie gesag het nie, maar dat alle gesag in die kerk enkel geleë is in die Woord wat in die kerk moet regeer, is dit duidelik dat die gesag van die ampsdraers prinsipieel verskillend is van die gesag van die owerheid oor sy onderdane of die ouer oor sy kinders. In die kerk is geen heersers en onderdane, vaders en kinders nie. In die kerk regeer Christus alleen en daarom kan daar in die kerk uit beginsel geen hoër of laer ampte wees nie, omdat dit weer ’n struktuur van menseheerskappy in die kerk moet invoer. Calvyn verklaar dat Paulus in Ef. 4: 15 kennelik alle mense sonder uitsondering binne die liggaam van Christus stel en aan elkeen van hulle niks anders as diens toeken nie, terwyl die
41. Vgl. Inst. IV, X, 27-32.
42. Vgl. Inst. IV, X, 31.
|12|
eer en die naam van Hoof aan Christus alleen gelaat word.43 Maar wat meer is: as Christus alleen in die kerk regeer deur Sy Woord, kan die woord van ’n ampsdraer nooit enige lidmaat bind nie, tensy daardie woord niks anders is as verkondiging van die Woord van God nie.44 Dit geld selfs vir die uitoefening van die tug, dat alle tugoefening, tot aan die ban toe, niks anders is as ’n getuienis teenoor ’n broeder wat gesondig het nie.45 Die sleutelmag is nie soseer ’n potestas nie, maar ’n diaconia. Daarom mag die tug ook nooit hanteer word waar daar nie sprake is van sonde teen God en Sy heilige Woord nie. Dit moet altyd slegs bediening van Gods Woord bly, niks meer nie. Dit mag nooit ’n middel word vir die handhawing van die ampsdraer of selfs die kerk met sy bepalinge nie. maar betrek die wag rondom die hoor van die Woord van God alleen. Vandaar dat die Nederlandse Geloofsbelydenis ook so uitdruklik verklaar dat die tug moet geskied volgens die Woord van God.46 Die regeermag in die kerk mag nooit uitgeoefen word op ’n juridiese manier nie, laat staan nog op ’n wettiese of wêreldse manier, want dit gaan nie om ’n regering wat sonder meer vergelykbaar is met dié van ’n aardse gesagsinstansie nie.47 Kerkregering is diens aan en van die Woord, is getuienis en verkondiging wat voor ’n beslissing met betrekking tot Christus stel. Daarin verskil dit prinsipieel van die regering in ander samelewingsverbande.
Juis daarom egter is dit voortdurend onderworpe aan die kontrole deur Gods Woord. Indien dit waar is dat kerkregering diens aan Gods Woord is, is die vraag voortdurend of die ampsdraers nie in plaas van diens aan die Woord en in onderworpenheid aan die Woord, daartoe oorgaan om oor die Woord van God heerskappy te voer of selfs sonder die Woord van God heerskappy te voer nie. Die Reformatoriese kerkreg weet nie van ’n vanselfsprekende vereenselwiging van Christus en die ampsdraers, waardeur aan hulle onfeilbaarheid gewaarborg word nie. In die verhouding tussen Christus en die ampsdraers moet steeds rekening gehou word met die moontlikheid van ongehoorsaamheid.48 Daarom moet die kontrole van die Woord van God nooit verwaarloos word nie. In die Gereformeerde kerkreg word vir hierdie kontrole
43. Inst. IV, VI, 10.
44. Vgl. H. Bouwman, Geref. Kerkrecht, I, 351-352; K.
Sietsma, De Ambtsgedachte, 84 e.v.
45. Inst. IV, XI, 1-2. Vgl. veral in IV, XI, 1: „Habemus,
potestatem clavium esse simpliciter in illis locis Evangelii
praedicationem: nec iam potestatem esse quam ministerium, si ad
homines respicimus. Non enim hominibus hanc potestatem proprie
Christus dedit, sed verbo suo, cuius homines ministros
fecit.”
46. Vgl. die Nederlandse Geloofsbelydenis, art. 32 en A.D.R.
Polman, Onze Nederlandsche Geloofsbelijdenis, IV, 60
e.v.
47. Vgl. Inst. IV, XI, 7-9. Ook W.O. Münter, Begriff und
Wirklichkeit des geistlichen Amts, 1955, 27-29.
48. Vgl. A.A. van Ruler, Bijzonder en Algemeen Ambt,
76.
|13|
enersyds ruimte gemaak deurdat die diens in die kerk nooit aan een persoon alleen toevertrou word nie, maar altyd aan verskeie ampsdraers in gemeenskap met mekaar, sodat hulle mekaar vanuit die Woord kan kontroleer.49 Andersyds word daarvoor ruimte gemaak deur die feit dat alle lidmate van die gemeente voortdurend daartoe geroepe is om die maatstaf van die Woord van God by die regeerwerk van die ampsdraers aan te lê.50 Tussen die ampsdraers en die gemeente en tussen die ampsdraers en Christus staan die lewende Woord van God voortdurend as kritiese instansie. Alleen só bly daar ruimte vir die persoonlike heerskappy van Christus deur Sy Woord en word alle menseheerskappy uit die kerk geweer.
Dit is duidelik dat hierdie hele visie op die kerkregering gedra word deur ’n onvoorwaardelike vertroue op die lewende teenwoordigheid van Christus in die kerk en op die feit dat Hy deur Sy Woord so tot die gemeente sal spreek, dat die Woord ook werklik gehoor sal word en as Woord van God erken sal word. Alles staan en val hier met die belydenis van die duidelikheid van die Woord van God, wat inhou dat die gemeente deur die werking van die Heilige Gees in staat sal wees om te beoordeel of die Woord wat verkondig word, ook werklik die Woord van God is. Die Reformatore hou sonder meer rekening met die bevoegdheid van die gemeente om die Woord te beoordeel en die ware leer te ken.51 Daar is nie sprake van ’n onmondige gemeente van „leke” wat uitgelewer is aan die leiding en sorg van ’n geestelike stand wat alleen in staat sou wees om Gods Woord reg te interpreteer nie. Daarby moet nie gedink word dat die Reformatore uit valse idealisme hierdie standpunt ingeneem het, omdat hulle naïef was en geen genoegsame kennis gedra het van die empiriese onmondigheid van die gemeentes nie. Hulle neem hierdie standpunt in as konsekwensie van die feit dat hulle die Woord van God vertrou. Christus sal regeer deur Sy Woord en Hy sal die ware antwoord op die Woord in die gemeente na vore roep. In die konkrete daad van die verkondiging spreek Christus tot die gemeente en oefen Hy Sy volmag as Koning oor die gemeente uit.52
49. Vgl. Inst. IV, XI, 6; Méjan, a.w., 11; A.A. van Ruler,
Das Leben und Werk Calvins, Calvinstudien, 1959, 88; M.
Bouwman, De Gereformeerde Opvatting omtrent den
Schriftuurlijken Grondslag der Kerkregeering, 1940, 18. Lg.
verklaar dat dit ’n grondbeginsel van die geref. kerkreg is „dat
meerderen, gemeenschappelijk en op voet van gelijkheid de
kerkregeering waarnemen”.
50. Vgl. Inst. IV, IX, 2 en 12, asook Inst. IV, XI, 6; Conf. Aug.
XXVIII.
51. Luther skryf in 1523 „Dass eine Christliche Versammlung oder
Gemeine Recht oder Macht habe, alle Lehre zu urteilen und Lehrer
zu berufen, ein- oder abzusetzen Grund und Ursach aus der
Schrift, W.A., deel XI, 408 e.v. Calvyn, Inst. IV, XI, 6; A.J.
Bronkhorst, a.w., 184 e.v.; J. Bohatec, Calvins Lehre von
Staat und Kirche, 1937, 480.
52. Vgl. H. Diem, Die Grenzen kirchlicher Gesetzgebung,
Zeitschr. für evangelisches Kirchenrecht, I, 235.
|14|
Dit is om hierdie rede dat die Reformatore ook in hulle kerkreg soveel klem lê op die plaaslike gemeente wat rondom Woord en sakramente vergader is. Dáár, rondom die gepredikte Woord, word die gemeente as gemeente van Christus openbaar en is alle moontlike gesag wat die kerk kan dra, teenwoordig, omdat Christus Self daar deur Sy Woord regeer. In die aanvaarding van hierdie waarheid is daar geen verskil tussen Luther en Calvyn nie.53 Daarom moet alle kerkreg daarop bereken wees om die plaaslike gemeente te bou en die sorg vir die prediking van die Woord in die plaaslike gemeente te dien. Dit is ver van die Reformatore om die plaaslike gemeente te beklemtoon vanuit demokratiese motiewe of vanuit die gedagtegang van die latere indiwidualisme, wat veral die „regte” van die indiwiduele lidmaat en dus ook die indiwiduele gemeente teenoor die res van die kerk wil beskerm. Dit gaan by die Reformatore alles om die heerskappy van die gepredikte Woord. Die kerkordes uit die tyd van die Reformasie is dan ook alles behalwe juridies-suiwere, netjies uitgewerkte reglemente wat alle moontlike wetlike implikasies probeer raakvat en die kerklike samelewing tot in die fynste besonderhede reël. Dit is ten diepste altyd ’n hartgrondige twyfel aan die krag van Gods Woord as daar naas die Woord van God in die kerk ’n regsapparaat opgerig word om die kerk met reglemente en bepalinge te regeer in plaas daarvan dat die kerk deur die gepredikte Woord self regeer word.54 Die Reformatoriese kerkordes is egter bedoel as riglyne vir die opbou van die diens van die Woord in die plaaslike gemeente, met sy sentrum in die erediens. Hulle is veel meer geïnteresseerd in die reëling van die erediens en wat daarmee saamhang as in die instelling van ’n effektiewe „bestuursapparaat”. Tereg merk Otto Weber op dat die ou kerkordes hulle veral besig hou „mit der Ordnung des Gottesdienstes, des Predigtamtes, der Seelsorge, des Abendmahls and der Zucht”.55 Hulle is in der waarheid „Gottesdienstordnungen”.56 Die bedoeling is dat die kenmerke van die ware kerk in die plaaslike versameling rondom die bediening van Woord, sakramente en tug tot openbaring moet kom. Die Forma ac Ratio wat die inrigting van die Nederlandse vlugteling-gemeentes in Londen bevat en naas die Ordonnances Ecclésiastiques van Genève die oudste voorbeeld van ’n gereformeerde
53. Vgl. Karl. Holl, Gesammelte Aufsätze zur
Kirchengeschichte, 7de druk, 1948, I, 352 e.v.; Bohatec,
a.w., 296-297; H. Diem, Est autem ecclesia congregatio
sanctorum in qua evangelium pure docetur, in
Theologische Aufsätze Karl Barth zum 50. Geburtstag,
1936, 325-326. Vir die posisie van Calvyn, vgl. veral Bohatec,
a.w., 299, 313 e.v., 352 ens.
54. Vgl. H. Diem, Kirchenvisitation als Kirchenleitung,
in: Ecclesia semper reformanda, Beih. z. Zeitschr. für
Evangelische Theologie, 1953, 59-61.
55. Vgl. O. Weber, Versammelte Gemeinde, 1949,
73/74.
56. Vgl. Julius Schweitzer, Zur Ordnung des Gottesdienstes in
den nach Gottes Wort reformierten Gemeinden der deutschsprachigen
Schweiz, Kirchliche Zeitfragen XII, 1944.
|15|
kerkorde bied, is terselfdertyd ’n uitstekende voorbeeld van so ’n Gottesdienstordnung waarin alles sentreer om die opbou van ’n lewende, aktiewe, belydende gemeente met die erediens as middelpunt.57 Dieselfde geld egter ook van die Skotse First Book of Discipline van 1560.58 Miskien is die beste voorbeeld van so ’n Gottesdienstordnung egter die kerkorde van die Paltz uit die jaar 1563. Dit bevat eintlik geen bepalinge oor die ampte, vergaderinge en dergelike meer nie, sodat dit beslis onvolledig moet heet. Des te meer aandag word egter bestee aan wat die hart van die kerkorde moet heet: die leer, die sakramente (dit bevat bv. ook die liturgiese formuliere), die kategese (dit bevat die hele teks van die Heidelbergse Kategismus!), die reëling van feesdae ens.59 Dit is daarin ’n sprekende bewys van die feit dat die oudste kerkordes nie statute of reglemente was nie, maar lewensordes vir die gemeente rondom die erediens. Dit geld selfs nog in ’n groot mate van die Nederlandse kerkorde, wat sy finale beslag by die Sinode van Dordrecht in 1618/1619 ontvang het.60 Dit wil in sy hele opset ruimte maak vir die persoonlike regering van Christus deur Sy Woord, al is dit ook waar dat politieke en ander omstandighede meegebring het dat bepaalde ongewenste elemente in die kerkorde oorgebly het.61
57. Vir die teks van die Forma ac Ratio, vgl.
A.L. Richter, Die evangelische Kirchenordnungen des 16.
Jahrhunderts, 1871, I, 99-115. Dieselfde kerkinrigting word
ook beskrywe in De Christelijke Ordinancien der Nederlantsche
Ghemeinten te Londen, deur Maarten Micron uit 1554. ’n
Uitgawe daarvan, versorg deur dr. W.F. Dankbaar, het in 1956
verskyn. Vir ’n bespreking van die Londense kerkinrigting, vgl.
Lechler, Geschichte der Presbyterial- und Synodalverfassung
seit der Reformation, 58 e.v. en K. Rieker, Grundsätze
Reformierten Kirchenverfassung, 1899, 38 e.v.
58. Vir die teks van die First Book of Discipline, vgl.
The Works of John Knox, collected and edited by David
Laing, Vol. II, 1895, 183-285. Vir ’n bespreking daarvan, vgl.
J.H.S. Burleigh, A Church History of Scotland, 1960, 166
e.v.
59. Vir die teks van die kerkorde, vgl. W. Niesel,
Bekenntnisschriften und Kirchenordnungen der nach Gottes Wort
Reformierten Kirche, 140-218 en Richter, a.w., II, 257
e.v.
60. Vir die teks van hierdie kerkorde en ’n oorsig oor die
ontwikkeling daarvan, vgl. Kerkelijk Handboekje van P.
Biesterveld en H.H. Kuyper, 1905; F.L. Rutgers, Acta van de
Nederlandsche Synoden der Zestiende Eeuw, 1889; H.H. Kuyper,
Postacta of Nahandelingen van de Nationale Synode van
Dordrecht in 1618 en 1619 gehouden.
61. Dit geld veral die kwessies van die sg. patronaatsreg en die
verhouding tussen kerk en staat. Vgl. artt. 10, 37, 50, 64 en 66
van die Dordtse Kerkorde en die Postacta, 111-119.